PRODUKSIE FOTOS

ZOETENDALSVLEI

Rolverdelings

Anlia van Rensburg: speel die rol van Christine; ñ weeskind wat geblom het in ñ model danksy Charl Marais, aan wie sy nou ook verloof is, maar haar lewe word in ñ oogwink omvergegooi. Na ñ motor ongeluk bevind sy haarself in ñ wanhopige situasie, keelvol daarvan om van ander mense afhanklik te wees en smagtend om weg te breek sodat sy ñ diepe sielsondersoek kan doen en besluit oor haar toekoms. Dan sien sy ñ advertensie in die koerant in die hospitaal van ñ man wat ñ vrou soek wat vir ñ jaar lank sal voorgee om met hom getroud te wees – vir ñ groot som geld. ñ Jaar lange wegkomkans en sy word betaal daarvoor? Wie kan nou nee sê? En terwyl sy besig is met die sielsondersoek op die plaas ontdek sy dinge van haarself wat sy nooit kon gedroom het nie.

Bobby van Jaarsveld: speel Olaff; ñ welaf sakeman en boer wat glo hy gaan ñ oujongkêrel bly vir die res van sy lewe, want hy kan eenvoudig homself nie gebind sien aan die vrouens (wat hom nie wil uitlos nie) vir die res van sy lewe nie. So, hy is nie opsoek na ñ vrou nie, maar toe hy Christine vir die eerste keer sien, roer iets binne sy hart wat hom dryf tot drastiese stappe om haar sy vrou te maak.

Abidah Dixon-Mohamed: speel Ma Martha. Sy is vir Olaff letterlik soos ñ peetma nadat sy ouers in ñ plaasaanval vermoor is toe hy nog op skool was. Ma Martha is in beheer van die huis, maar sy regeer met ñ sagte, albeit regverdige ferm, hand. Christine klim gou in haar hart en Ma Martha neem haar sommer onder haar vlerk en is nie skaam om Christine en Olaff se verhouding te maak werk nie; ten spyte van die web van leuens wat Olaff en Christine besig is om te spin.

Soli Philander: speel die kostelike, getroue plaasvoorman van Olaff, Jimmy. ñ Nederige kalant wat se hande altyd reg staan om te help, maar dit kry hom gereeld in situasies waarin hy liewer kon uitbly, maar niemand kan lank kwaad bly vir hom nie. Aan die einde van die dag verbaas hy almal. Dis ñ goeie ou die wat mens nie moet onderskat nie.

Albert Maritz: speel Oom Apie; getroue buurman van Olaff se familie al vir verewig en soos ñ pa vir Olaff. Hy hou so ogie oor die plaas ook wanneer Olaff weg is vir besigheid en is met die liefde van sy lewe getroud, Tant Miems (gespeel deur Julie Strydom). Hy is ook ñ man wat nie opsystaan as daar iets gedoen moet word nie! Alhoewel die veediewe wat arme Olaff teister hom nogals moedeloos maak.

Julie Strijdom: speel Tant Miems is die vrou van oom Apie vir wie se hande vir daar niks voor verkeerd staan nie. Die bejaarde vrou met haar krom beentjies en grys hare is nie baie geleerd nie en haar kennis is beperk tot hul wêreld en die boerdery. Almal het ʼn plek in haar hart behalwe Mora Moore, wat deestyd ook gewetywer het om oom Apie se hand en wie sy as haar aardsvyand beskou. Sy lewe vir haar man en die twee ander mans in haar lewe met Christine wat ook dadelik na die eerste ontmoeting in haar hart gekruip het. Dae alleen op die plaas met die mans wat gedurig agter die diewe aan is, hou sy die fort en die boedery loop op goed geoiliede wiele met geen probleme nie. Sy leef vir haar gemeenskap en maak tyd om haar deel vir liefdadigheid te doen.

Nico Engelbrecht: speel die rol van Kaptein van Biljon van die Vaalwater SAPD. Hy is altyd reg vir aksie en goed met sy werk. Die veediewe loop op die einde hulle rieme vas danksy hom en sy samewerking met die gemeenskap. Maar was dit betyds om ook Olaff en sy nuwe vroutjie se verhouding te red?

Adriaan van As :speel Christine se psigopatiese eks-verloofde, Charl Marais, wat haar wil kry om tog na alles met hom te trou of anders… Charl Marais, die vyf en dertig jarige erfgenaam van die Marais skatte is ʼn bedorwe brokkie met geen ruggraat nie. Met sy aantreklike persoon en blink voorkoms skuil hy agter die familie se miljoene en is gewoond om mense te manupileer met sy geld en status. Hy stuit vir niks en sy filosofie is, geld maak reg wat krom is. Hy maak misbruik van sy posisie om sy wil op almal af te dwing.

Ashley de Lange: vertolk die rol van Jani Moore, dogter van Mev Dokter Moore en Olaff se vriendin van kindsbeen af en sy grootste aanhanger… Tot Christine in die prentjie verskyn. Jani Moore is die vier en dertige dogter van die plaaslike dokter en Mevr dokter Moore. Sy is ʼn bedorwe brokkie en net gewoond aan die beste. Die blonde vrou met haar blou oë en slanke lyf het vir jare haar fisier op Olaff Reinhardt gestel en doen alles in haar vermoë om haar onmisbaar in sy lewe te maak maar is nie baie suksesvol nie.

Jo da Silva: speel die rol van Mevrou Dokter Mona Moore wat ñ appeltjie te skil het met tant Miems en enigiets sal doen om haar dogter, Jana, te help om met die liefde van haar lewe te kan trou. Sy was geditermineerd en wou almal wys sy sal ʼn formidabele vrou raak, iemand om mee rekening te hou.  Al moes sy in die proses haarself op die altaar plaas, sal sy dit doen net om in haar doel te slaag. Haar redding het gekom met die pas aangestelde dokter wat nou wel nie die boer was wat sy begeer het nie maar wie die status gehad het waarna sy gesmag het.

Charlton Jaftha: speel Godfrey, ñ mannetjie wat hou van geld en nie bang is om kanse te vat nie of geleenthede aan te gryp nie. Lui is sy tweede naam en vir min werk, word hy betrek by die diefstalle. Hy tree op as tussenganger en kry die opdragte direk vanaf die brein van die operasie.  Geld is volop en dit hou hy onder die neuse om kanidate te werf om te help met die diefstalle. Met werk wat skaars is, raak die verweer gou minder en baie sluit by die groep aan.