TUIS


Dagbreek Produksies is in 2017 geskep deur Gavine Esterhuizen en wat dan ook die Uitvoerende Vervaardiger is.

Gavine is gedrewe, doelgerig en toegewyd aan Afrikaans. Sy hoofdoel is om nog talle Afrikaanse films te maak en staan nie terug vir uitdagings nie.

Dagbreek Produksies skop af met as eerste film, Soetendalsvlei, wat gebaseer is op ñ boek geskryf deur Joey Jansen getiteld, “Soetendalsvlei se Bruid” en die ontwikkelingsfase van die film is in volle gang.

Daar is ñ lekker SMS kompetisie waar jy die kans staan om wonderlike pryse te wen. Kliek hier vir die video met al die inligting. Bepalings en Voorwaardes is op die film se Facebook blad te kry.

Gaan snuffel gerus rond op die film se blad om meer uit te vind oor die eerste (van vele) film(s) wat deur Dagbreek Produksies vervaardig word en raak saam met ons opgewonde oor die familie-vriendelike films.

Soetendalsvlei

Bepalings En Voorwaardes

Pryse ter waarde van altesaam R40,000 is op die spel: ñ ontwerpers trourok van R25,000, R10,000 kontant en ñ ete saam met die hoof akteurs van die film by ñ luukse restaurant.

Die kompetisie vind plaas van die 1ste Augustus tot die …..

Hiermee die volledige reëls, bepalings en voorwaardes vir die kompetisie deur Dagbreek Produksies vir die film “Soetendalsvleí”

Deur aan die kompetisie deel te neem, stem die deelnemer in tot die volgende:

  1. Die kompetisie is onderhewig aan die bepalings van Artikel 54 van die Loterye Wysigingswet 2001, soos gewysig.
  2. Gratis sms’e kan nie gebruik word nie.
  3. Jy moet die eienaar van die selfoon, of magtiging van die eienaar van die selfoon hê, om deel te neem.
  4. ñ Sms kos R1.50 (een rand vyftig).
  5. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil.
  6. Jy moet al die vrae korrek antwoord om in aanmerking te kom vir een van die pryse.
  7. Dagbreek Produksies en/of enige van sy vennote, borge en adverteerders kan nie verantwoordelik gehou word vir enige ongeluk, besering, skade of verlies as gevolg van inskrywing in die kompetisie of gebruik van ñ prys nie.
  8. Die kompetisie is nie oop vir deelname deur die direkteure, kontrakteurs, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van Dagbreek Produksies, sy borge of enige gesinslede van die maatskappy nie.
  9. Die pryse sal slegs uitgereik word na die verfilming van Soetendalsvlei voltooi is.
  10. Die wenners sal vereis word, en gee toestemming, om foto’s van ontvangs van hul prys te stuur wat gepubliseer sal word op die Soetendalsvlei webwerf, Facebook, Twitter, Instagram en ander sosiale media webwerwe of in gedrukte publikasies, waarvoor geen vergoeding aan die wenner betaalbaar sal wees.
  11. Wenners sal gekies word deur ñ trekking. Hulle sal telefonies in kennis gestel word.
  12. Dagbreek Produksies sal die wenners maksimum drie keer tydens kantoor ure bel. Na drie onsuksesvolle pogings sal ñ ander wenner getrek word.
  13. Dit is die wenners se verantwoordelikheid om ñ aflewerings adres te verskaf waar pryse bedags afgelewer kan word en/of ñ korrekte posadres.
  14. Dagbreek Produksies en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse weens ñ wenner wat nie beskikbaar is tydens aflewering nie en/of die prys nie betyds die by die poskantoor afhaal nie.
  15. Die borg is verantwoordelik vir die aflewering van die pryse binne ñ redelike tyd (tussen 4 tot 6 weke).
  16. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
  17. Die wenners moet woonagtig wees binne die Republiek van Suid Afrika.
  18. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie geruil word vir kontant nie.
  19. Die wenners moet die ouderdom van 18 of ouer wees ten tyde van deelname aan die kompetisie.
  20. Die verstellings aan die trourok kan gedoen word by die ontwerper en die wenner neem dit op hom- of haarself om die onkostes van die verstellings te dek.
  21. Met jou inskrywing aanvaar ons, dat jy Dagbreek Produksies toestemming gee om jou soms te nader met promosies en bemarking.
  22. Na die kompetisie, sal die wenners nie in aanmerking kan kom vir daaropvolgende kompetisies met betrekking tot Soetendalsvlei nie vir ‘n tydperk van 6 maande.
  23. Dagbreek Produksies en sy navorsingsassistent en borge behou die reg om die kompetisie te kanselleer voor die wenner aangekondig word sonder enige vooraf kennisgewing indien in hul mening nodig geag word, of as gevolg van omstandighede buite hul beheer.
  24. In die geval van kansellasie, neem alle deelnemers afstand van enige regte of aanspraak wat hulle mag hê ingevolge hierdie kompetisie en erken hulle dat hulle geen verhaalreg teen die Dagbreek Produksies, sy werknemers, agente, vennote, borge of bemarkers het nie.

Oorspronklike

Kompetisies is nie oop vir die direkteure, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van die Dagbreek Produksies Span, sy borge of enige geassosieerde lede van die voorgemelde maatskappye nie.