FILMS

             Volgende films vir 2019

                                       MOGGEL MAAK ’N MOVIE
Deur: Izak S. Maré
Kopiereg @ Izak S. Maré (2018)
                         Afrikaanse komedie vir die hele gesin.

Tydsduur: 90 minute

Genre: Komedie

Vervaardiger: Gavine Esterhuizen

Regiseur: Pieter Grobelaar

KARAKTER SKETSE

1) MOGGEL: Poskantoor amptenaar.

2) DALEEN: Moggel se vrou en ontvangsklerk by ’n prokureur.

3) DAIL: Moggel se buurman.

4) BRAAM: Prokureur en Daleen se baas.

5) SONETTE: Film skool eienaar.

6) LAURA: Bedryf ’n BDSM klub.

7) PIET en PEET: Ingeskrewe prokureurs klerke.

8) Mnr. CORDIER: Motorhandelaar.

9) SPIKE: Karwag.

10) HECTOR: Manlike verpleër.

11) JONG MAN EN VROU: In hysbak.

SINOPSIS.

Moggel, ’n oujongkêrel trou met ’n Daleen wat ’n goeie twintig jaar jonger as hy is. Dis ’n huwelik uit desperasie vir albei. Moggel het nog nooit ’n meisie gehad nie en Daleen,’n lelike eendjie is bang sy sal nooit ’n man kry nie. Sy verander egter binne ’n paar jaar in die spreekwoordelike lieflike swaan en Moggel is nie meer goed genoeg nie. Daleen word ontvangsdame by Braam ’n prokureur en hulle het ’n verhouding. Moggel en Daleen word onverwags na ’n partytjie by Braam se huis genooi. By hulle aankoms, word Moggel deur Piet en Peet twee ingeskrewe klerke van die firma,ingewag en hulle `sien na hom om’. Moggel wat nie ’n drinker is nie word met opset dronk gemaak. Hy word die volgende oggend by sy huis agterop sy Nissan 1400 wakker en kan niks onthou van die vorige dag se gebeure nie. Dan begin sy soektog na Daleen wat spoorloos verdwyn het. Braam se huis, waar die party plaas gevind het, is gesluit en daar is geen persoon nie. ’n Besigheidskaartjie in sy sak is die enigste leidraad om op te volg. Dit lei hom na Laura, wat ’n BDSM klub in Pretoria bedryf. Hy herken haar aanvanklik nie, maar kort terugflitse wys hoe sy, geklee in leer klere, hom met ’n swepie in die huis rondjaag. Daarna dans hy met net ’n onderbroek aan op ’n tafel rond. Moggel vermoed, nee is seker dat dit die rede is dat hy nie vir Daleen kan opspoor nie. Laura sit hom op die spoor van Piet en Peet. Hy kry weer ’n terugflits van die glase Coke wat hulle hom injaag. Die Coke word al hoe ligter van kleur. Hy bel na die kantoor en vra om met Piet te praat. Hy het nie veel om te sê nie en stel voordat Moggel in sy bakkie se paneelkissie kyk.  Hy kry ’n getikte dokument, onderteken deur hom, Braam en twee getuies dat hulle ’n weddenskap aangaan. Moggel onderneem om binne ’n maand ’n fliek te maak wat so snaaks is as ’n Schuster fliek. Dit hoef net tussen 20 en 30-minute lank te wees en moet deur ’n groep van 50 mense gekeur word. Kry hy dit reg, betaal Braam hom ’n bedrag van R1m. Faal hy, kry Braam sy huis. Moggel is verbysterd. Hy weet niks van fliek maak en kameras nie. Hy verstaan ook nie wat Braam met die stokou huis wat hy van sy ouers ge-erf het, wil maak nie. Buurman Dail stem opgewonde in om Moggel te help met die fliek. Hy besit ook ’n videokamera wat hulle kan gebruik. Die enigma oor die huis word ook deur hom opgelos toe hy aan Moggel vertel dat die hele blokhuis uitgekoop gaan word deur ’n konsortium wat ’n groot inkopiesentrum daar wil bou. Moggel se huis is blykbaar R5m werd en die skok is dat Daleen bewus is hiervan. Hulle soek hulp by ’n filmskool. Die eienaar is Sonette ’n baie aantreklike middeljarige dame. Sy en Moggel is onmiddellik aangetrokke tot mekaar. Sy gee bietjie advies en beloof om hulle produk te poleer. Sy kan ongelukkig nie meer doen nie. Hulle is nou op hul eie aangewys en begin die fliek beplan.

                                     DIE SKARLAKEN RUITERS
Deur: MEIRING FOUCHE
Kopiereg @ Pieter Haasbroek (2018) (40 Boeke)
                         Afrikaanse aksie vir die hele gesin
UITTREKSEL
Die masjiengewere blaf steeds ononderbroke dood en verwoesting uit. Maar van die aanvallers dring deur tot onder die mure. Aan hulle kan nou niks meer gedoen word nie. Die manne het streng bevele om hulle nie bloot te stel nie, want as hulle die Arabiere hier onder die mure wil doodskiet, moet hulle opstaan en oorleun. En die Arabiese lood sing nou warm en dig oor die fort se mure. Duisende Arabiere het binne trefafstand uit die saals gespring en op die sand plat geval. Hulle blaker die borswerings se granietmure sodat die vonke spat. Perde hardloop in wilde, fantastiese kringe oor die dooies wat soos ’n donker plaat hier op die sand lê. En elke minuut sterf nog Arabiere daar op die sand, want ’n dodelike vuur word hier van die borswerings af volgehou. Maar agter die wat sterf, wag nog duisende wat die voorstes volg…

En toe kom die tweede vlaag aangestorm… donderend en skreeuend, net soos die eerste een. Weer die aaklige slagting van lood wat deur ruiters en perde skeur. Nog enkeles dring deur na die muur met ysterhakke en toue. Hordes spring uit perde se saals en val dan plat op die sand. Nou sing die lood nog digter oor die fort se mure. En toe, met ’n sagte swisj… swaai die eerste haak hoog oor die borswering en die ysterhaak slaan klappend en klingelend agter die borswering vas.

                                                         Boomerang

Deur: Alta van Niekerk
Kopiereg @ A v NIEKERK (2018)
                  Engelse Aksie, Drama, Moord, Suspense, vir die hele gesin.

Sinopsis

Biljoenêrsvrou Shawnte Malan word op heterdaad betrap by die lyk van haar man, Heinrich Malan se vennoot, Eben Verwey na die polisie ʼn naamlose oproep ontvang het. Sersant Niel Botha beskou die moord as ʼn ‘open and shut case’ en die saak word verwys na Kaptein Alex Swart van die Valke om verder te ondersoek. Na ʼn aanval op Shawnte se lewe, die Vrydagaand in die polisieselle, neem Alex haar na ʼn plek van veiligheid. Skielik bevraagteken hy al die bewyse, hoekom was daar ʼn aanslag op haar lewe as sy skuldig is aan die moord? Is sy nie ook net die slagoffer van vuilspel nie?

Sy belangstelling word verder geprikkel na haar borgtog geweier word en die hof ʼn evaluasie tydperk by ʼn inrigting aanbeveel om vas te stel of haar geestestoestand aanleiding tot die moord gegee het en of dit met voorbedagte rade was.

Haar ma Profesor Juanita Naude, ʼn lektrise in krimologie, besluit om met haar eie ondersoek te lei en roep die hulp in van Shawnte se jeugvriend, Hugo en sy pa Walt de Meyer om te help om agter die waarheid te kom.

Shawnte se pad kruis weer met haar aardsvyand Dokter Theo de Villiers, die superintendent van die kliniek, wie sy deestyds ondersoek het toe sy nog as verslaggewer by die Aanster, aan ʼn storie gewerk het. Sy het haar voor gedoen as pasient om bewyse te kry dat hy sy pasiente gebruik om ‘cadavers‘ kweek, en dan om hul organe te verkoop om die nodige befondsing te kry vir sy navorsing. Hy is in hegtenis geneem op drie aanklagte van moord en een van wanbesteding van staatsfondse maar weens onvoldoende bewyse is hy later vrygespreek van die moorde maar is wel skuldig bevind op die wanbesteding klag waarop hy ʼn opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê is. Na sy drome om as ʼn Nobleprys wenner gereken te word in die mis verdwyn het, sweer hy wraak.

Ou Kaptein Ben Kruger word gevra om te help met die ondersoek, wie na sy vrou se dood die pos as hekwag by die hotel aanvaar het waar die moord gepleeg is, net om van die ledigheid te ontsnap wat pension te wee bring.

ʼn Feit waarmee altwee spanne later saamstem is dat Dokter Theo de Villiers soos ʼn seer vinger uitstaan na bewyse gevind word dat hy nie die een is wat aan die stuur van sake is nie toe belangrike inligting aangaande die ondersoek uitlek en Shawnte die gevaar staan om ook een van die ‘cadavers‘ te raak.

                                            Krag van vergifnis

Deur: Alta van Niekerk
Kopiereg @ A v NIEKERK (2018)
                Afrikaanse Drama,Suspense, vir die hele gesin

Sinopsis

Ryk Roux Basson word op sy knieë gedwing na ʼn knellende droogte en kom te staan voor twee keuse: bly aan op die familieplaas as bywoner, wat hy aan sy seun Christian, die befaamde prokureur van die dorp moes verkoop het vir ʼn appel en ʼn ui na sy vrou se dood of trek terug dorp toe.

Die ommeswaai in status, laat sy trotse dogter en geliefde maltrap van die kontrei, Adele introspeksie doen na sy haar eie drome moet prysgee om vir haar pa en broer huis te hou. Christian wys duidelik dat sy arm familie, met sy blinde en dowwe broer Rudi vir hom ʼn verleentheid is en wie volgens hom in ʼn inrigtigting hoort. Sy ryk en bederfde vrou, Irene vuur sy gramskap aan, waar sy haar neus optrek vir sy familie, wie volgens haar ʼn klomp maplotters sonder styl is.

Christian se gesindheid vuur Adele se warm humeur en voortvarendheid verder aan waar sy vasgevang raak tussen valse trots en om aalmoese te aanvaar toe die belangrikheid van geld ʼn kwessie raak na Roux gediagnoseer word met longkanker. Sy word gedwing om Christian te nader vir hulp maar die belofde fondse realiseer nooit, wat haar meer verbitterd laat na sy uit ʼn onverwagte oord die nodige hulp kry.

Op Roux se sterfbed belowe Adele om as voog vir Rudi op te tree maar die noodlot slaan toe met Christian wat Rudi in ʼn inrigting sit na hy haar weggejaag het van die plaas. Sonder ʼn inkomste en op straat kry sy hulp van die onwaarskynlike engel en grootste skinderbek in die dorp. Om voogskap oor Rudi te kry, word sy gedwing om haar in ʼn liefdelose huwelik te begewe en dit gun haar die tyd en geleentheid om met haar talent te woeker. Na ʼn oornag se sukses in New York en met alles in plek om haar broer terug te bring plaas toe, slaan die noodlot weer toe terwyl sy ook nog in ʼn stryd gewikkel is en moet kies tussen haar aangetrokkenheid tot die nuwe dokter, Eduan van Biljon of haar jeugvriend en eggenoot, Buks de Lange op wie sy nog altyd kon staatmaak.

SOETENDALSVLEI

Deur: Alta van Niekerk
Kopiereg @  Dagbreek Produksies(2018)
                Afrikaanse Romanse , vir die hele gesin

Tydsduur: 90 minute

Genre: Romantiese komedie-drama

Vervaardiger: Gavine Esterhuizen

Regiseur: Erica Thom

Die film is gebasseer op ñ ware liefdesverhaal en verskyn ook in boekvorm as “Soetendalsvlei se Bruid”, geskryf deur Joey Jansen.

Sinopsis:

Christine (gespeel deur Anlia van Rensburg) is ñ beroemde model wat die oog van ñ suksesvolle besigheidsman en boer, Olaff (gespeel deur Bobby van Jaarsveld) vang. Hy sien haar as sy trou-vrou, maar Christine is reeds verloof. ñ Motor ongeluk laat Christine sonder ñ loopbaan en inkomste laat en toe Olaff uitvind sy het boonop haar verlowing verbreek, bedink hy ñ plan om tyd te koop, letterlik, sodat hy haar hart kan wen.

Jimmy, Olaff se regterhand op die plaas (gespeel deur Soli Philander) en Ma Martha (gespeel deur Abidah Dixon-Mohammed) hou van die mevrou wat Olaff saam huistoe bring as sy vrou, maar die paartjie se aardige gedrag laat hulle wonder; onbewus van die kontrak wat Olaff met Christine aangegaan het.

Maar Olaff se planne word belemmer deur die jaloerse eks-verloofde van Christine, Charl (gespeel deur Adrian van As) en veediewe hou hom, sy buurman oom Apie (gespeel deur Albert Maritz) en die polisie kaptein (gespeel deur Nico Engelbrecht) te besig om by sy bruid uit te kom. Boonop vang Christine nog iemand se oog: Olaff se aantreklike buurman Ian (gespeel deur Rohan Bouwer)!

Sal Olaff, Christine se hart kan verower, en haar kan red uit die kloue van haar psigopatiese eks-verloofde, Charl (gespeel deur Adrian van As) en sy jaloerse “wens-sy-was-sy” skoonma, Mona, (gespeel deur Jo da Silva) wat van haar ontslae wil raak?

Verfilming: Uitgestel tot verdere kennisgewing

Vrystelling:            2019.

REGISSEUR  SE VISIE

Erica Thom

‘N NOTA